Annemarie van der Westhuizen

Potchefstroom Gimnasium

Tuisdorp

Potchefstroom

Skool

Potchefstroom Gimnasium

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

'n Rok deur die Arabiese ontwerper Waad Aloqaili het die ontwerp geïnspireer en my 75-jarige ouma, Ment, het dit vir my gemaak.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Toe ek die foto van die rok op Pinterest sien, het ek onmiddellik geweet dat dit die EEN is. Die delikate, handgeborduurde blomblare was asemrowend, maar om dit met die hand te borduur sou duisende ure (en rande!) se werk neem. My ouma, Ment, voorheen 'n dosent in kleding aan die Noord-Wes Universiteit, het voorgestel dat ons ons eie weergawe ontwerp. Ons het pragtige kraletjie-geborduurde materiaal by die Oriental Plaza in Johannesburg gaan koop. Ek het die ontwerp geskets, en sy het elke blomblaar sorgvuldig uitgesny en aangewerk.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Om te sien hoe my ouma die materiaal in die rok van my drome omskep, was een van die kosbaarste ervarings van my lewe. Met elke uur wat sy besig was, het sy haar liefde, omgee en kreatiwiteit in my matriekafskeidsrok ingewerk. Die eindresultaat was mooier as enigiets wat ek kon voorstel, en nóg meer spesiaal omdat ons dit saam gemaak het.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Ek en my metgesel was een van die eerste paartjies om op die rooitapyt te verskyn. Die hoogtepunt vir my was om nadat ons geloop het al my vriende in hulle wow-uitrustings te sien. En natuurlik om die aand saam met my beste vriend en sang-partner te beleef!

Planne vir na matriek

Ek is ingeskryf vir aktuariële wetenskap by die NWU, en beplan om tydens my studies my liefde vir sang na te streef. Ek hoop om hierdie besonderse rok eendag op 'n opera-verhoog te dra.

Gunsteling woord in Afrikaans

Oorbluf

Datum van matriekafskeid

2025-10-02

Like what you see?

Share on Social Media