Anke de Goede

Durbanville Hoërskool

Tuisdorp

Durbanville

Skool

Durbanville Hoërskool

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Riëtte Barnard by Y2dsign

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek wou n matriekafskeidrok gehad het, waarin ek myself kon wees. Ek was nooit n meisie vir eksentrieke of dramatiese style nie, maar liewers 'n styl wat gesien word as eenvoudig, sjiek en elegant. Met Tannie Riette wat saam met ons materiaal kom uitsoek het, het ons 2 kleur lappe gekry waaruit ons n omkeerbare dubbel kant rok ontwerp het. Die lap het nie net vir my selfvertroue gegee nie, maar ook my blou oë en ligte porselein vel laat uit staan.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My matriekafskeidrok het vir my gewys dat jy kan uitstaan sonder om n groot stelling te probeer maak. Ek wil ook met my matriekafskeidrok wys dat jy nie hoef hope geld uit te haal om n mooi rok te ontwerp nie, maar ekonomies effektief kan wees om n rok te ontwerp wat jy weer vir ander formele funksies kan dra. Die rok het nie net vir my meer selfvertroue gegee nie, maar ook die geleentheid gegee om myself uit te straal op 'n nuwe manier.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

My gunstelling deel van matriekafskeid was defintief om met my metgeself af te stap op die rooi tapyt, asook om die hele aand gemaklik in my rok te kon dans en met my vriende te spandeer.

Planne vir na matriek

Ek wil graag by Stellenbosch Universiteit Bsc.Agric Plant en Grondkunde volgende jaar gaan studeer.

Gunsteling woord in Afrikaans

Geliefd

Datum van matriekafskeid

2025-10-02

Like what you see?

Share on Social Media