Anabelle Marieta Jokani
Hoërskool Garsfontein
Tuisdorp
Pretoria
Skool
Hoërskool Garsfontein
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Roedolf D Fashion Atelier
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
My rok was nie net stukke lap aanmekaar gewerk nie, dit het my persoonlikheid weerspieël met ń bietjie glans daar by
soos elke meisie droom oor hierdie spog geleentheid waar hul afskeid neem van hulle skoolloopbaan - het ek gedroom oor ń rok waarin ek net myself kon wees
met ń besonderse ontwerper (Roedolf D) het ń prentjie in ń meesterstuk ontaard.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Hierdie rok is wie ek is in kledingstuk vorm.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Ek was vroeg die middag verras met ń 'nuwe' kar, waarmee ek nie oorspronklik sou gaan nie en dit het die dag net meer onvergeetlik gemaak.
Die aand self het gesorg vir hope pret en plesier. Ek het beslis lekker gedans saam my vriende en vriendinne.
My partytjie 'na die partytjie' het ek saam twee van my vriendinne deurgebring. Ons het in ons rokke deur die "McDonald's Drive Thru" geloop
en koffies bestel waarmee ons nog foto's geneem het. Dit was vir my nog ń hoogtepunt van hierdie groot dag. Siende ek al vroeg op die lughawe moes wees die volgende dag om by die ATKV-SÊR kompetisie uit te kom, was ń McDonald's Koffie en ń fotosessie vir my die perfekte manier om hierdie spesiale dag af te sluit!
Dus was hierdie dag gevul met meer as een hoogtepunt.
Planne vir na matriek
Studeer by die Universiteit van Pretoria
Gunsteling woord in Afrikaans
die Uwe
Datum van matriekafskeid
2025-10-04