Amoné Verwey

Hoërskool Jim Fouché

Tuisdorp

Bloemfontein

Skool

Hoërskool Jim Fouché

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Jolandi Heckroodt

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek hou bitter baie van helder kleure en gryp enige geleentheid aan om uit te staan en daarom het ek 'n helder oranje gekies! Ek versteek al vir drie jaar die visie van my rok en het presies geweet wat ek wou hê. My rok weerspieël my sprankelende persoonlikheid en liefde vir dit wat mooi is in die lewe. Die fyn detail op my rok verteenwoordig die klein dinge in die lewe wat soms blindelings verbygaan, maar tog so baie beteken.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Die rok verteenwoordig my menswees 100% . Ek is selfversekerd, selfstandig en gegrond in my waardes wat perfek aansluit by my helder oranje rok! Die elegansie van my rok en die silwer detail weerspieël my persoonlikheid en manier van dinge doen. Ek hou daarvan om elke aspek van my lewe te beplan en die resultate daarvan te geniet.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hoogtepunt van my matriekafskeid was om maande se beplanning en uitsien bymekaar te kon sit en die eindproduk te laat realiseer. Al die gelag omring deur my vriende se geselskap het die aand só besonders gemaak.

Planne vir na matriek

Ek beplan om 'n geoktrooieerde rekenmeester te word en daarom gaan ek BAcc studeer by die Universiteit van die Vrystaat. Ek het 'n groot passie vir syfers en hou van 'n goeie uitdaging.

Gunsteling woord in Afrikaans

Tierlantyntjies

Datum van matriekafskeid

2025-10-10

Like what you see?

Share on Social Media