Zané Marais
Ouderdom
18
Tuisdorp
Vierfontein
Skool en dorp/stad van skool
Klerksdorp Hoërskool, Klerksdorp
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Die soektog vir matriekafskeid rokke het nie lank voor die tyd begin nie.
Ek het in kort tyd rokke gesoek, maar dit wat ek wil hê is alles op trou rokke.
Dadelik het ek besef, maar dit is nie nou al my trou-dag nie, so ek kan definitief nie dit kies nie.
Ek het passings gehad en niks het vir my gewerk nie.
Tot eendag, moedeloos, besef ek maar die tegnologie is mos nie verniet so ontwikkel tot hedendaags nie, ek kan dit ook gebruik.
Daar het my droomrok begin klop, pêrels, navy materiaal , ooprug, vere en definitief iets anders.
Dadelik het ek besef dit is presies hoe my droom matriekafskeid rok moet lyk.
