Lia Kotzé

Lia Kotzé Lia Kotzé Lia Kotzé

Ouderdom

18

Tuisdorp

Stellenbosch

Skool en dorp/stad van skool

Hoër Meisieskool Bloemhof, Stellenbosch

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My rok is vir my spesiaal omdat elke deel daarvan so eg ék is. Die materiaal is besonders, want dit verander effens van kleur van hoe die lig daarop val. Toe ek dit sien, het ek dadelik geweet: dít is die materiaal wat ek vir my rok wil hê.

Ek wou van die begin af ’n nousluitende rok met ’n besonder mooi lae rug hê. Die veertjies versag die rok se voorkoms, en die eenvoudige voorkant is vir my pragtig. Alles het op die dag van my matriekafskeid so mooi verloop, en ek het gemaklik, vroulik en spesiaal gevoel.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media