Gabrielle Brook

Hoërskool Paarl Gimnasium

Tuisdorp

Paarl

Skool

Hoërskool Paarl Gimnasium

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Anri Ham

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

In graad 1 het ons in die klas ń skets gemaak van ons droom matriekafskeidrok. Dit het werklik my droom gebly en gedien as my inspirasie vir die styl, sequins en kleur. Vroeër die jaar het ek ń soortgelyke rok, net in ń ligter kleur, gehuur wat vir my die idee vir die snit van die rug gegee het.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Dit is vir my ń uitbeelding van wie ek is. Ek wou dit elegant en meer eenvoudig gemaak het, wat pas by my geaardheid. Die sequins in die blom patrone was net daai ietsie ekstra wat die rok lewe gee. Die rok is werklik net ń realiteit van my kinderdrome.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die dansvloer was vir seker een van die beste dele van die aand, en ook die gratis koffie wat ons kon geniet het. Om die aand met my naaste mense te kon geniet het elke oomblik ewe spesiaal en vol herinneringe gemaak.

Planne vir na matriek

Ek gaan Megatroniese Ingenieurswese aan die Universiteit van Stellenbosch studeer.

Gunsteling woord in Afrikaans

Vlinder

Datum van matriekafskeid

2025-10-03

Like what you see?

Share on Social Media