Klarissa Pretorius
Hoërskool Randburg
Tuisdorp
Fairland, Randburg
Skool
Hoërskool Randburg
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Cindy-Anne Markus van Dream Gowns het my droomrok 'n realiteit laat word.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek wou ’n rok dra wat my soos ’n prinses laat voel — elegant, betowerend, en uniek. Ná ure se soek op die internet sonder sukses, het ek besluit om my eie visie te volg: ek het twee style gekombineer en iets geskep wat niemand anders sou dra nie — net ek.Met my ligte gelaat het ek geweet ek moet ’n donker, dramatiese kleur kies. Die kombinasie van die rooi bostuk van die rok, die hoë nek en die lae rug het net die regte kombinasie van drama en elegansie gegee, terwyl die swart chiffon net die regte hoeveelhied glinster en betowring gevoeg het by my utirusting.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My matriekafskeidrok was nie net 'n rok nie — dit was 'n droom wat werklikheid geword het. Dit was 'n weerspieëling van my groei tot nou en die unieke manier waarop ek die wêreld aanpak. Toe ek my rok aantrek, het ek nie net mooi gevoel nie — ek het soos 'n prinses gevoel. Trots, selfversekerd en gereed vir die volgende hoofstuk.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Ná maande se beplanning het die groot dag uiteindelik aangebreek — en dit was absoluut onvergeetlik! Die hele aand was ’n fees van styl en pret, maar vir my was die grootste hoogtepunt om saam met my vriende te kuier, te lag en die heerlike kos te geniet. Dit was ’n ongelooflike aand vol glimlagte en herinneringe.
Planne vir na matriek
Ek is vasbeslote om ná matriek verder te studeer. Ek het reeds voorlopige toelating ontvang vir my gekose graad, en werk tans ywerig aan my eindeksamen om hierdie droom van verdere studie te verwesenlik.
Gunsteling woord in Afrikaans
lekker
Datum van matriekafskeid
2025-10-04