Rozelle Buhr

Hoër Meisieskool Bloemhof

Tuisdorp

Kuilsrivier

Skool

Hoër Meisieskool Bloemhof

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ilse Roux Bridal in Oakglen, Bellville. Ilse het my op my gemak laat voel, was professioneel en vol kosbare raad. Saam het ons my droomrok ontwerp en met elke pas het dit gestalte gekry tot die mees perfekte matriekafskeidrok vir my. My matriekafskeidrok ervaring saam met Ilse Roux was net een groot lekkerte!

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek wou asemrowend en glansryk voel en my gunsteling gelaatstrekke en figuurtipe beklemtoon. Swarovski kristalle en blinkertjies was my inspirasie, want ek het gevoel dit sal die lig opvang en my laat skitter en die koningsblou was die perfekte kleur om my gelaatstrekke te komplimenteer, terwyl die snit van die rok by my figuur gepas het.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My rok beteken vir my vreugde en dankbaarheid. Dankbaarheid dat ek op my matriekafskeid op hoë hakke in my droom matriekafskeidrok kon instap, want ek het 3 maande tevore 'n groot knie operasie gehad en kon vir 6 weke nie loop nie en was onseker of ek wel op my eie sou kon instap by my matriekafskeid. Vreugde, omdat ek kan terugkyk op baie spesiale en gelukkige hoërskooljare, gevul met ondersteuning, vriendskap en aansporing om die beste "ek" te wees.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hoogtepunt was beslis om te sien hoe my maats se rokke lyk en hoe dit elkeen se persoonlikheid na vore bring. Ek het myself verkyk aan al die verskillende style en al die kleure, van baba-pienk tot baksteen oranje.

Planne vir na matriek

Ek gaan Arbeidsterapie by Maties studeer en beplan om my studies en studentelewe ten volle te geniet.

Gunsteling woord in Afrikaans

Dankbaarheidsvreugde

Datum van matriekafskeid

2025-10-01

Like what you see?

Share on Social Media