Adeshka Groenewald

Bellville High School

Tuisdorp

Brackenfell

Skool

Bellville High School

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My rok is by Bellisimo Dresses gekry in Fresnaye, Kaapstad.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Aanvanklik wou ek die ikoniese blou Cinderella sprokies rok gehad het. Met die aanpassing van verskeie fantasieryke en dromerige blou rokke was al hierdie rokke ongelooflik mooi, maar dit was wel nie 'my' mooi nie. Tannie Jen, eienaar van Bellisimo Dresses, het aanbeveel dat ek hierdie "dusty pink" rok sy kans gee - ek was dadelik verlief! Tannie Jen het werklik die pienk Cinderella binne my na vore gebring.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My rok is nie net vir my 'n droom wat ek kon dra nie, maar 'n ware uitbeelding van die fase van my lewe waarin ek tans is. Elegant genoeg om 'n jong dame te verteenwoordig wat die grootmens wêreld binnetree, maar sag genoeg om die klein dogtertjie binne my se lig uit te straal. Pienk was nog altyd vir my 'n kleur wat die ware sagtheid van vrou wees verteenwoordig en ek is baie dankbaar dat my rok dit kon uitbeeld.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Na tien maande van opgewondenheid vir hierdie dag, het ek dit opreg geniet om te sien hoe elke vriend en vriendin hul eie unieke styl en persoonlikheid deur hul uitrustings kon wys. Verder hoe ons, die matrieks van Hoërskool Bellivlle wat BokRadio se Bokkies Toekennings se amptelike Matriekgroep van 2025 is, ons laaste fiësta-gees kon afsluit. Nie te min die onderwysers wat toonstoot op die dansvloer...veral met Hop Hop Spinnekop!

Planne vir na matriek

Ek gaan BRek deur Milpark Education studeer. Verder het ek 'n kontrak geteken om by 'n ouditeursfirma te werk terwyl ek studeer. Na my drie jaar graad wil ek graag my honneursgraad kry om te registreer as 'n geoktrooieerde rekenmeester.

Gunsteling woord in Afrikaans

Boeretroos

Datum van matriekafskeid

2025-10-18

Like what you see?

Share on Social Media