Lente Steenkamp
Middelburg Hoërskool
Tuisdorp
Middelburg
Skool
Middelburg Hoërskool
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
My rok is ontwerp deur Anel Botha Couture.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Gouelokkies en die Drie Bere: Ek wou 'n rok hê soos Baba Beer se pap - nie té veel nie en nie té min nie. lets wat die toets van tyd kan deurstaan, iets elegants, sterk, effens "bling", met kleur, tekstuur, gemak en speelsheid.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My naam is nie deur my ouers gekies nie, maar deur my Skepper. Dis profeties, met 'n dubbele betekenis: daarom moes
my rok 'n dubbele doel dien. Die kleur swart dui op krag en dra Spreuke 31:25 vir my diep betekenis:
"Sy is bekleed met kraq en waardigheid, en sy lag sonder vrees vir die toekoms."
Die geborduurde blomme aan die bo-en agterkant van my bustelyf simboliseer my naam: Lente-Edeni wat groei en vreugde beteken en die vere-boa reflekteer Matteus 6:28-33.
Laastens verteenwoordig die rooi van die vere-boa wie ek is: rasend, aktief, effektief, raakvatter en 'n voorloper.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die hoogtepunt van my matriekafskeid was om vir oulaas saam met al my skoolmaats op dieselfde tyd en plek te wees, ons
saam te vier en die spesiale oomblik ten volle te beleef-'n herinnering wat ek vir altyd sal koester, want ons sal nooit weer
almal saam wees nie.
Planne vir na matriek
Ek gaan Grafiese Ontwerp by Inscape studeer. Ek beplan ook om my eie klerereeks te begin, en die beplanning is reeds ver
gevorder. Die naam van my klerereeks is Shekinah. wat beteken "divine presence of God amonq us.
Na afloop van my studies beplan ek om my vlerke 'n bietiie te sprei as lugwaardin - moontlik by Emirates of Qatar Airways.
Gunsteling woord in Afrikaans
Beminde
Datum van matriekafskeid
2025-10-03