Miché Molter

Hoërskool Eric Louw

Tuisdorp

Musina

Skool

Hoërskool Eric Louw

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My rok is met liefde en fyn handwerk gemaak deur Magda van der Westhuizen van Kant en Klaar in my dorp. Ek het vir haar my idees en drome gestuur, en sy het dit met ongelooflike talent lewendig gemaak. Sy weet presies hoe om 'n visie te verander in iets besonders en dit teen 'n bekostigbare prys. My rok is nie net gemaak nie, dit is met sorg geskep.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

My inspirasie agter my matriekafskeidrok is: Elegansie wat nooit vervaag nie. Die oomblik toe ek die goue kleur sien, het ek geweet, dít is my kleur. Dit was n gewaagde keuse, buite my gemaksone, maar tog presies wat my persoonlikheid weerspieël. Ek het verskeie inspirasies saamgevat en my eie visie daaruit gevorm, totdat die rok uiteindelik gemaak is, uniek, elegant en wie ek werklik is.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My matriekafskeidrok beteken vir my baie meer as net 'n stuk materiaal, dit is 'n simbool van my persoonlikheid, my sty! en my drome. Dit verteenwoordig die harde werk, die herinneringe en die spesiale oomblikke van my matriekjaar. Dit is iets wat met toewyding gemaak is, iets waarin jy ek mooi, selfversekerd en besonders voel. My rok is ook 'n manier om my unieke identiteit uit te druk en om hierdie mylpaal in my lewe te vier. Dit dra die emosie, die stylvolheid en die herinnering van 'n onvergeetlike dag.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hoogtepunt van my matriekafskeid was my fotosessie op die plaas. Ons het al lank vantevore besluit dat ons die foto's daar wil neem, en dit was besonders om hierdie spesiale oomblik saam met my metgesel, naaste vriende en familie te deel. Ek het die geleentheid gehad om op drie verskillende plekke op die plaas foto's te neem, en elke plek het 'n spesiale betekenis gehad, wat dit nog meer onvergeetlik gemaak het.

Planne vir na matriek

Na matriek beplan ek om n aantal aanlyn kursusse te voltooi. Daarna volg ek my hart en leef my drome uit op die plaas. Die Here ken ons paadjies en het alles al lank vantevore vir ons uitbeplan. Ek vertrou dat alles op sy regte tyd sal gebeur en dat ons planne sal ontvou soos dit bedoel is.

Gunsteling woord in Afrikaans

Geseënd

Datum van matriekafskeid

2025-10-01

Like what you see?

Share on Social Media