Monique Laas

Hoër Meisieskool Paarl

Tuisdorp

Paarl

Skool

Hoër Meisieskool Paarl

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Juanri Designer wat in die Paarl woon het my rok gemaak maar ek het dit ontwerp

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Vandat ek klein was het ek nog altyd uitgesien na die dag waar ek my droom rok kan dra soos wat al die prinsesse en barbie's in die movies hulle droom rokke kon dra. Die grootste inspirasie agter my rok moes die pienk rok van Barbie Princess Charm School gewees het, vanaf ek dit die eerste keer gekyk het was pienk my gunsteling kleur en het ek besluit dat ek eendag 'n pienk rok sal dra soos sy. Deur die jare het ek van sekere aspekte van rokke gehou en dit bymekaar begin sit sodat dit die rok kan word van my drome. My grootste inspirasie sal altyd Barbie bly.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My matriekafskeid rok sal atyd vir my 'n simbool wees van selfvertroue en my drome. Toe ek my rok aantrek toe voel ek asof ek een stap nader is aan al my drome bereik. 'n Matriekafskeid is een van die hoogtepunte in 'n mens se lewe en wanneer daardie dag uiteindelik aankom en jy jou rok kan aantrek word van jou drome waar. My rok sal altyd vir my 'n herinnering wees dat enige iets wat jy wil hê sal jy kan bereik as jy die tyd, moeite en liefde daarin bestee.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

My hoogtepunt was definitief om al my vriende in hulle rokke te sien want ons het almal soos prinsesse gelyk en dit het gevoel asof ons in 'n sprokiesverhaal lewe. Die hele aand was onvergeetlik en ek sou dit vir niks kon verruil nie.

Planne vir na matriek

Ek gaan B-rek studeer by die Noord-Wes Universiteit in Potchefstroom waar ek in Eikenhof Dameskoshuis gaan bly. Ek sal my graad klaarmaak en graag my honeurs en meesters wil doen en dan iewers in Europe wil gaan werk waar ek hopenlik eendag my man sal ontmoet. Ek hoop ook om eendag my pad terug te vind na die Paarl toe.

Gunsteling woord in Afrikaans

sonstraal

Datum van matriekafskeid

2025-09-26

Like what you see?

Share on Social Media