Anika van der Linde

Hoër Volkskool

Tuisdorp

Potchefstroom

Skool

Hoër Volkskool

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My rok is 'n Tiana Olsen Design vanaf Australia. Die rok is by Leading Rose gekoop.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

In die begin het ek 'n prentjie in my kop gehad oor hoe my rok gaan lyk. Maar toe ons rokke aangepas het, toe het my prentjie helemal verander. Dit wat aanvanklik gedink het gaan mooi lyk, het mooi gelyk, maar daar het heeltyd iets gekort. Ek het dadelik toe ek my rok aangepas het, geweet dat hierdie die rok is vir my. Die eerste woorde wat ek vir my Ma gesê het, is dat hierdie die rok vir my is. En tweedens, dat dit Wednesday vibes gee. My rok is beter as wat ek enigsins kon gehoop het, en dit pas presies by my persoonlikheid. Dit is elegant en klassiek. Stylvol en tydloos. My rok lyk van vêr af eenvoudig, maar as jy van nader kyk, sien jy al die detail wat daarop is.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Alles en meer... My rok is een van my grootste drome wat waar geword het. As jong kind het ons altyd prinsess-prinsess gespeel en ons wou altyd prinsesse gewees het. My rok het my laat voel soos die mooiste prinsess wat na die bal toe gegaan het. My rok het die jong kind in my laat uitkom en weer prinsess-prinsess die dag laat speel. My rok wys ook vir my hoe vêr ek in die lewe al gekom het en hoe vêr ek nog moet gaan om nog drome te laat waar word. My rok is 'n simbool van volwassenheid. En hoe ek al in die lewe al gegroei het.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Om te sien hoe die hele prentjie by mekaar te kom. Om te sien hoe die afgelope jaar se goed alles mooi bymekaar te kom. Die hare, makeup, naels en natuurlik die rok ook. En definitief ook die kos wat ek saam met my vriende geëet het.

Planne vir na matriek

Om Sads- en streeksbeplanning by die NWU in Potchefstroom te gaan studeer. Die NWU keur net 40 studente in die land om dit te studeer en het voorlopige keuring ontvang.

Gunsteling woord in Afrikaans

Familie

Datum van matriekafskeid

2025-10-03

Like what you see?

Share on Social Media