Liné Schlesinger

Pietersburg High School

Ouderdom

18

Skool

Pietersburg High School

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Vir baie lank het ek gewonder, "Hoe gaan ek eendag ń matriekafskeid rok kry wat nie net by my persoonlikheid pas nie, maar ń rok wat my lyf komplimenteer?" Enige meisie wil op die dag van haar matriekafskeid voel soos ń prinses; ongeag jou bou, jou lengte, of jou velkleur. Mag hierdie vir elke dame ń herinnering wees - jou rok is daar buite!

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek het besluit om my rok af te skop met ń bokant wat my figuur komplimenteer. As ń diskusatleet was dit vir my belangrik om sterk maar sag te voel. Die kleur van my rok is geïnspireer deur my oëkleur. Ek wou graag ń rok dra wat my oë meer helder laat lyk en my glimlag laat glinster. Verder, ń pragtige A-lyn met ń broekpak onderaan. Ek is verseker nie die meisie wat gaan stilsit nie; ek is mal oor ń dansvloer en het vanaf vroeg die aand gedans en herinneringe gemaak! Mag hierdie ń inspirasie wees vir elke dame - jou rok is nie beperk tot jou bou, lengte of velkleur nie.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My gunsteling deel van my rok, was 100% my bokant, met die fyn blomme-detail. En die strukke wat my arms komplementeer en soos ń prinses laat voel.

Datum van matriekafskeid

2025-09-30

Like what you see?

Share on Social Media