Zuané Moolman

Nelspruit High School

Ouderdom

18

Skool

Nelspruit High School

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ek het my rok self ontwerp en gemaak. Die rok het ‘n V-snit voor en agter. Die top gedeelte is in pante gedeel wat ‘n korset effek het maar het nie “boning” ingesluit nie. Agter word die moue gebind deur twee stringe pêrels. Die V-snit agter gaan laag af tot waar die romp in die middellyf ontmoet. Die romp gedeelte is ‘n vol sirkel snit wat in twee gedeel is en agter bymekaar kom, daar is ook ‘n “slit” voor aan die linkerkant. Onderaan die romp is daar “Crinoline” aangewerk om die rok mooi af te werk. My rok is pers met ‘n blou ondertoon.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

My inspirasie was om elegant te wees maar nie myself te verloor in die proses nie. Ek wou ook vir myself bewys dat ek dit kon reg kry om ‘n rok vir myself te kan maak.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Die oop rug met die twee string pêrels was my gunsteling gewees.

Datum van matriekafskeid

2025-08-16

Like what you see?

Share on Social Media