Zoë Rich
Ouderdom
18
Tuisdorp
Centurion
Skool en dorp/stad van skool
Hoërskool Eldoraigne Centurion
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My inspirasie vir my rok was om iets uit te beeld wat sag, eenvoudig, tydloos en elegant is. Ek wou nie ’n rok dra wat my dra nie; ek wou ’n rok dra wat ek werklik kon dra en wat die beste weergawe van myself uitbeeld.
My inspirasie het definitief ook van baie Pinterest foto’s af gekom. Ingrid van Ponki’s Creations het toe met die perfekste ontwerp vorendag gekom wat perfek by my pas, asook elke detail wat ek in gedagte gehad het, uitgebeeld het.
Die unieke groen wat ons uiteindelik gekies het, het die hele prentjie bymekaargebring en my droomrok voltooi.
