Zoë Reynders

Hoërskool waterkloof

Brief explanation about your dress or design choice


Attended the school's matric farewell?

Kierieklappet

What was your inspiration for your matric prom dress?

Ek is eintlik ń plain jane en ń terug getrokke meisie, oorspronklik wou ek meer ń eenvoudige snit gehad het, totdat ek Carike Nel ontmoet het en haar opgewondenheid ervaar het oor verskillende style. Haar passie is ongeewenaar en het my geinspireer om uit my boksie te klim. Ek het besef dat jou matriek afskeid net een keer in jou lewe toekom en om haar designs ten toon te stel asook my persoonlik op te lig na ń nuwe vlak het tot my unieke rok gelei! Ten slote, Carike Nel Designs se unieke style was die inspirasie en tog wou ek op die ou einde van die dag wou ek uniek gelyk het.

What was your favorite part of your matric prom dress?

My matriekafskeidrok beteken baie vir my, dit was is nie net ’n rok nie, dit was ’n droom wat waar geword het. Van die oomblik af toe ek dit aangetrek het, ek het gevoel soos ’n prinses. Elke detail, van die kleur tot die styl, het perfek gevoel, asof dit spesiaal vir my gemaak is. Toe ek in die spieël kyk, het ek besef dis meer as net materiaal en ń ontwerp dit was ’n weerspieëling van wie ek is en hoe ver ek gekom het. My rok het my selfvertroue laat straal en my laat voel asof ek elke oomblik van daardie aand verdien het. Elke foto, elke kompliment en elke glimlag het vir my herinner hoe spesiaal daardie aand was, en hoe trots ek was om in daardie rok te staan wat my storie vertel het.

Date of matric farewell?

2025-10-02

Like what you see?

Share on Social Media