Zoë Reynders
Hoërskool waterkloof
Tuisdorp
Pretoria
Skool
Hoërskool waterkloof
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Carike Nel Designs het my rok gemaak
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek is eintlik ń plain jane en ń terug getrokke meisie, oorspronklik wou ek meer ń eenvoudige snit gehad het, totdat ek Carike Nel ontmoet het en haar opgewondenheid ervaar het oor verskillende style. Haar passie is ongeewenaar en het my geinspireer om uit my boksie te klim. Ek het besef dat jou matriek afskeid net een keer in jou lewe toekom en om haar designs ten toon te stel asook my persoonlik op te lig na ń nuwe vlak het tot my unieke rok gelei! Ten slote, Carike Nel Designs se unieke style was die inspirasie en tog wou ek op die ou einde van die dag wou ek uniek gelyk het.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My matriekafskeidrok beteken baie vir my, dit was is nie net ’n rok nie, dit was ’n droom wat waar geword het. Van die oomblik af toe ek dit aangetrek het, ek het gevoel soos ’n prinses. Elke detail, van die kleur tot die styl, het perfek gevoel, asof dit spesiaal vir my gemaak is. Toe ek in die spieël kyk, het ek besef dis meer as net materiaal en ń ontwerp dit was ’n weerspieëling van wie ek is en hoe ver ek gekom het. My rok het my selfvertroue laat straal en my laat voel asof ek elke oomblik van daardie aand verdien het. Elke foto, elke kompliment en elke glimlag het vir my herinner hoe spesiaal daardie aand was, en hoe trots ek was om in daardie rok te staan wat my storie vertel het.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die hoogtepunt van matriekafskeid was toe ek en my kêrel om die boog gestap het en gehoor hoe almal begin juig en hande klap vir ons. Die beste deel was toe ek en my kêrel my ma en sy ouma se stemme bo almal gehoor het en ons altwee terselfde tyd gesê het: “ ja dis ons familie”. My vriendinne se gejuig het daai ekstra angs weg gevat. Die onderwysers se verbassing was kristal helder op hulle gesigte asook hulle liefde en omgee teenoor al die leerders. My asem was weg geslaan toe ons in die splinter nuwe ouditorium ingestap het. Elke klein detail was definitief aandag gegee tot perfeksie. Dit was definitief aand om te onthou
Planne vir na matriek
My planne na matriek is om by Akademia te studeer om onderwys met sielkunde te kombineer. Die liefde wat ek ontvang van onderwysers en selfs sielkundiges asook ons hoof van Hoërskool Waterkloof, Mnr. Chris Denysschen is ontmeetbaar. Ek het nog my hele lank ń passie om kinders te help, te lei en ń rolmodel vir hulle te wees. Ons besef nie hoe baie kinders in werikheid deur gaan nie daarom wil ek kinders graag help en volwassenes te laat besef dat kinders se fondamente en grondslag die belangrikste moet wees
Gunsteling woord in Afrikaans
Kierieklappet
Datum van matriekafskeid
2025-10-02