Zoanli Joubert

Zoanli Joubert Zoanli Joubert Zoanli Joubert

Ouderdom

17, word 18 in November 2026

Tuisdorp

Potchefstroom

Skool en dorp/stad van skool

Potchefstroom Gimnasium in Potchefstroom

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het van dat ek ń klein dogtertjie was gedroom oor my matriekafskeid, en net só baie daarvoor uitgesien. Maar toe die tyd aanbreek om my perfekte rok te kies het ek net té veel idees gehad, dit het gevoel asof ek glad nie weet wat ek wil hê nie. So ek het gebid daaroor en geweet dat God my perfekte rok vir my sal wys. Ek maak toe my heel eerste afspraak om rokke te pas, sodat ek ń idee kan kry van wat vir my werk, by House of Superior Clothing, en die héél eerste rok wat ek aangepas het, was my perfekte rok! Dit het gevoel asof dit vir my bedoel was, uit God se hand, want ek en die tannie wat my gehelp het, het toevallig die kleure van my rok op daardie dag gedra. Sy het ń pienk polka dot rok gedra en ek het ń oranje hempie aan gehad met ń rompie en bling skoene! Nadat ek my rok aangepas het, het ek nog baie aangepas in daardie afspraak, maar niks het met my rok vergelyk nie, dit is hoe ek geweet het, dit is my perfekte rok.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media