Zeanne Du Toit
Ouderdom
18
Tuisdorp
Mooinooi
Skool en dorp/stad van skool
Hoërskool Brits - Brits
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Die visuele vonk vir my rok was die idee van ’n tydlose, dramatiese silhoeët. Ek wou ’n kledingstuk hê wat tegelyk elegant en vloeiend is, maar ook krag uitstraal – en dit is presies wat die ryk chilli-rooi skuba-krepestof aan die ontwerp gegee het. Die dieper inspirasie was egter die intieme konneksie tussen kuns en herinnering. Die rok het verander van ’n gewone matriekafskeidrok in ’n simbool van nagedagtenis. As ñ huldeblyk aan Jané van Tonder, my ontwerper, wat onverwags gedurende die proses oorlede is, was die geheime handskrif-etiket aan die binnekant, die emosionele anker wat gemaak het dat ek die aand met absolute selfvertroue en trots kon instap, wetende dat elke lyntjie van die ontwerp met liefde en betekenis deurdrenk is.
