Zara Bezuidenhout
Potchefstroom Gimnasium
Ouderdom
18
Skool
Potchefstroom Gimnasium
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Ek het gaan rokke pas by Calvers Bridal and Eveningwear net om uit te vind van watter style ek die meeste hou, ek het nie my hart op een van die ontwerpe verloor nie. Carmen, wat my gehelp het, het na ń paar rokke my perfek opgesom en my droom Anel Botha Couture rok vir my van bo af gebring.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Uniek en pienk. Ek het n rok gesoek wat anders as die gewone matriekafskeid rokke is, maar wat nogsteeds stylvol is.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My hele rok (mag ek dit sê?) hoe alles net perfek in mekaar pas, van die moue tot die 'ombre' effek aan die onder kant. Ek voel of die kleure gemaak is vir mekaar.
Datum van matriekafskeid
2025-10-02