Wilmi van Rooyen

Hoërskool Ellisras

Ouderdom

18

Skool

Hoërskool Ellisras

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My rok is ’n wye, elegante skepping van pêrelpienk satyn. Die materiaal vou soepel oor my liggaam, en elke beweging laat die satyn skitter met ’n sagte glans. Aan die skouers is daar fyn, delikate strikkies wat eenvoud van die ontwerp beklemtoon. Die oop rug skep ’n stylvolle afwerking wat onmmidelik al die aandag daarop vestig. Aan die voorkant gee ’n hoë oorvou slit net die regte hoeveelheid selfvertroue – dit wys genoeg been om die aand se ligte vas te vang wanneer jy loop, sonder om die elegansie te verbreek. Die sleep vloei met gemak agter jou aan. Elke tree is lig en gemaklik – jy kan dans, lag en asemhaal sonder om vasgevang te voel. ’n Rok met sakke – is enige meisie se droom, maar vir my – ‘n werklikheid! Hierdie rok is my perfekte skepping – die volmaakte samestelling van grasie, styl en gemak. ’n Rok wat jou laat voel asof jy lewe in jou eie sprokie, waar elke oog op jou val en die wêreld ’n bietjie stilstaan.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek het my eie rok ontwerp met gemak as my hoofdoel. My inspirasie was jare lank se droom, en prentjies kyk van al my gunsteling elemente van verskeie rokke in een saamgevat. Ek wou ‘n unieke kleur hê wat my bo die res laat uitstaan. Die ontwerp is plein met fyn detail wat my rok uniek en persoonlik laat vertoon. Hierdie rok beeld my menswees die beste uit …

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Wat my rok so besonders maak, is nie net die ontwerp nie, maar die sorg en liefde waarmee elke steek gewerk is. Elke deel is my gunsteling, van die strikkies op my skouers wat fluister van sagtheid, die V-rug wat net genoeg onthul, tot die vierkantige hals wat balans bring. Die oorvou-slit gee beweging, en die diep sakke—’n praktiese droom. Dis nie net ’n rok nie, dis ’n verlengstuk van my hart. . . DIT is my gunsteling deel.

Datum van matriekafskeid

2025-10-03

Like what you see?

Share on Social Media