Vinette Viljoen

Hoërskool Secunda

Ouderdom

18

Skool

Hoërskool Secunda

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My rok is 'n unieke skepping wat ek self ontwerp het. Wedding Bells Couture het die rok vir my gemaak en my visie perfek tot lewe gebring. Die rok is gemaak van glinsterende Kobalt -blou materiaal wat my laat uitstaan het. My rok het verder ook 'n blink sleep wat elegant oor die vloer vloei, en lig weerkaats met elke beweging. Bolangs het ek besluit op 'n korset om klem te lê op vroulikheid.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek wou iets hê wat modern is, more tog steeds elegant. Ek het Kobalt-blou gekies omdat dit 'n pragtige, sterk kleur is wat uitstaan. Die lang sleep gee die rok n sprokies-agtige gevoel.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My gunsteling deel van die rok was die sleep. Ek is mal daaroor hoe die sleep sprokies-agtig skitter terwyl ek beweeg.

Datum van matriekafskeid

2025-10-03

Like what you see?

Share on Social Media