Verenique Kriek

Die Hoërskool Wonderboom

Tuisdorp

Pretoria

Skool

Die Hoërskool Wonderboom

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ek het my rok gekoop by House of Superior clothing en hy is ontwerp deur die ontwerper Morilee. (New York)

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Van kleins af was ek nog altyd ’n groot Disney-prinses aanhanger. Die droom om eendag soos ’n prinses te voel, leef seker in elke dogtertjie se hart — en op my matriekafskeid het daardie droom vir my waar geword. Ek het my rok gekies omdat dit my laat voel het soos die prinses wat ek nog altyd wou wees – vol bling, glans en sprokiesmooi. Daar kan nooit genoeg blink wees vir my nie, want elke sprankel vertel van die vreugde en "magic" van die aand. Ek het begin as daardie klein meisie met groot drome, en op my matriekafskeid het ek verander in ’n prinses — ’n prinses wat steeds wag vir haar prins, met nog ’n droom in haar hart.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Toe ek my matriekafskeidrok aantrek, het ek gevoel asof ek in my eie sprokie instap. Elke blink steentjie het laat voel asof ek lig dra — ’n weerspieëling van al my drome en kinderlike verwondering. Die sagte glans van die materiaal en die manier waarop dit beweeg het, het my laat voel soos ’n ware prinses, elegant en vol selfvertroue. Dit was nie net ’n rok nie; dit was die vervulling van ’n droom wat ek van kleins af gekoester het. Vir een aand het ek nie net gelyk soos ’n prinses nie — ek was een, en elke oomblik het gevoel soos "magic" wat waar geword het.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die aand van die matriekafskeid was beslis een van die mooiste oomblikke van my lewe. Almal het pragtig gelyk – die meisies in hulle glinsterende rokke en die seuns in netjiese pakke. Toe ek saam met my vriende uitstap, het ek so trots en opgewonde gevoel. Ons het gelag, gesels en duisende foto’s geneem om die aand vir altyd te onthou. Die saal was mooi versier met liggies en blomme, en die musiek het die perfekte stemming geskep. My gunstelingdeel was toe ek en my vriende saam op die dansvloer was – dit was ’n oomblik vol vreugde, glimlagte en herinneringe wat ek vir altyd sal koester.

Planne vir na matriek

Ek gaan Bcom HR studeer by Noord-Wes Universiteit , nadat ek graad gevang het wil ek graag toer oorsee na Disney World en miskien n werks geleentheid daar kry. Maar nie vir altyd nie😆 Daarna wil ek terug kom SA toe en my eie BnB in Clarens oopmaak.

Gunsteling woord in Afrikaans

Sjokolade Melk

Datum van matriekafskeid

2025-10-09

Like what you see?

Share on Social Media