Tuisdorp
Kaapstad
Skool
D.F. Malan
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
YDE - Tygervallei
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek, my ma en my tannie het besluit ons gaan die dag vir n rok gaan soek. Die eerste winkel waarin ons geloop het het n mooi helder rooi rok gehad wat ons kon sien van die deur af. Al drie van ons het dadelik na daardie een toe geloop en geweet dis die rok vir my. Liefde met die eerste oogopslag.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My matriekafskeidrok beteken vir my die einde van n spesiale hoofstuk en die begin van n nuwe reis vol drome en hoop. Wanneer ek dit aantrek voel ek trots op hoe ver ek gekom het en opgewonde oor wie ek nog gaan word.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
My hoogtepunt was die instap op die rooi tapyt. Ek was vreeslik skrikkerig oor dit, maar toe ek eers begin loop was dit asemrowend. Ek wou dit weer doen.
Planne vir na matriek
Ek beplan om Regte te studeer.
Gunsteling woord in Afrikaans
Asemrowend
Datum van matriekafskeid
2025-10-01