Tiffany Maritz

Hoërskool Noordheuwel

Tuisdorp

Krugersdorp

Skool

Hoërskool Noordheuwel

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ek het my rok self ontwerp omdat ek iets wou hê wat my styl en persoonlikheid wys. Die kleur is swart met blink detail was vir my baie mooi, want in mens se donkerste tye is daar altyd lig wat skyn – te danke aan God. Die rok is elegant, modern en stylvol, net soos ek dit wou hê.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

My inspirasie was om iets tydloos en uniek te skep wat my persoonlikheid uitbeeld. Ek wou hê die rok moes wys dat ek altyd probeer skyn, maak nie saak wat in die lewe gebeur nie.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My matriekafskeidrok beteken vir my baie meer as net ’n mooi rok. Behalwe vir die blink glinster in die lig, simboliseer dit liefde, herinneringe en familie. My gunsteling deel is dat my ouma my droomrok vir my kon maak — sy het iets wat ek net op papier geteken het, in werklikheid verander. Elke steek in die rok dra haar liefde en moeite, en dit maak dit vir my ongelooflik spesiaal.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Om tyd saam met my vriende te spandeer en mooi herinneringe te maak.

Planne vir na matriek

Ek hou nog my opsies oop.

Gunsteling woord in Afrikaans

Lekker – dit pas by alles van kos tot lewe!

Datum van matriekafskeid

2025-10-03

Like what you see?

Share on Social Media