Tharina Viljoen

C&N Sekondêre Meisieskool Oranje

Tuisdorp

Bloemfontein

Skool

C&N Sekondêre Meisieskool Oranje

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ek het my rok self ontwerp – elke lyn, vou en knoop weerspieël iets van my eie styl en persoonlikheid. Zourika Smith het my droomrok met soveel sorg en detail laat uit leef, presies soos wat ek nog altyd daaroor gedroom het.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek wou ’n rok hê wat vrolik én vroulik is – sag en sierlik, maar steeds vol lewe. Die sagte koraalroos kleur laat my dink aan somerlig, vars beginne en vreugde. Ek wou iets dra waarin ek myself kon wees – gemaklik, selfversekerd en glansend van binne af.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My rok simboliseer ’n mylpaal – die einde van een kosbare hoofstuk en die begin van ’n nuwe reis. Omdat ek self die ontwerp geskep het, dra dit ’n stukkie van my hart. Dit herinner my daaraan dat skoonheid begin wanneer jy jouself met selfvertroue en vreugde uitleef.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die oomblik toe ek in my rok instap en in die spieël kyk, het ek gevoel: dis ek, presies soos wat ek wou wees. Om die aand saam met my vriende te vier, te lag en die vreugde van ons laaste skooljaar te deel, was die volmaakte afsluiting van ’n onvergeetlike tyd.

Planne vir na matriek

Na matriek gaan ek Grondslagonderwys studeer – iets wat van kleins af in my hart lê. Ek is mal oor klein kindertjies: hul oop harte, leergierigheid en die manier waarop hulle die wêreld met soveel verwondering ontdek. Om deel te wees van daardie eerste leerreis voel vir my soos ’n roeping – om lig en liefde te bring waar die toekoms begin.

Gunsteling woord in Afrikaans

“Lig” Hierdie woord herinner my aan Matteus 5:16 – “Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.” Dit beteken vir my om elke dag ’n draer van God se lig te wees – sag, warm en helder – en om Sy liefde en goedheid oral saam te neem.

Datum van matriekafskeid

2025-10-02

Like what you see?

Share on Social Media