Tanesha Faurie
Helpmekaar College
Tuisdorp
Johannesburg
Skool
Helpmekaar College
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Ek het dit by Vola boutique in Rosebank ontwerp. Hulle was fantasties! Die rok het perfek uitgedraai.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Die oorspronklike inspirasie vir my rok was eintlik ’n trourok wat ek op Pinterest gesien het, maar ek het dit effens aangepas sodat dit beter pas by wat ek daardie dag wou uitbeeld - liefde, eenvoudig, sag, tydloos, elegant en vroulik.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Die rok beteken vir my baie. Ek het vir ’n tyd gesukkel om te ontdek wie ek regtig is en wie ek wil wees. Nou dat ek myself beter verstaan, wou ek dit deur my rok uitbeeld. Dit is ’n manier om my identiteit en styl te wys – sag, elegant en selfversekerd. Elke detail van die rok weerspieël die liefde en tydloosheid wat ek in myself ontdek het, en dit laat my voel dat ek volmaak, mooi en gereed is om die nuwe hoofstuk van my lewe aan te pak.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
‘n Hoogtepunt was definitief om al die ander meisies se rokke te sien en die aand saam by ons skool te vier. Helpmekaar Kollege beteken baie vir my en om die hele graad saam te kon vier en mekaar te ondersteun was regtig spesiaal. Ek sal dit nooit vergeet nie.
Planne vir na matriek
My planne vir na matriek is om Onderwys en Sielkunde te studeer by NWU. Op die lang termyn beplan ek om as ’n opvoedkundige sielkundige te werk.
Gunsteling woord in Afrikaans
Flaterwater
Datum van matriekafskeid
2025-10-04