Tanasha erasmus
Hoêrskool Fochville
Tuisdorp
Fochville
Skool
Hoêrskool Fochville
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Ek het gekies om nie my rok te laat ontwerp of te koop nie, maar wel te huur.
Ek het my matriekafskeidrok by Mi Amor Dresses in Fochville gehuur.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek het verlede jaar na matriekafskeidrokke begin kyk en rondsoek.
Ek het van die begin af geweet ek soek 'n rok wat sê "EK IS HIER', hoe groter hoe beter!
Iets uniek, en dit was beslis wat dit was. Ek wou 'n rok hê wat my op my beste sou laat voel en wat my soos 'n prinses sou laat lyk.
Bo alles wou ek iets hê wat my persoonlikheid weerspieël.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My matriekafskeidrok was vir my soveel meer as net 'n mooi rok. Dit verteenwoordig 'n mylpaal, juis omdat dit die pad wys wat ek van 'n klein graad een dogtertjie tot hier in my graad twaalf jaar gestap het, dit is 'n simbool dat ek kan groei, straal en sroom sonder om enige perke te ken. Dit wys die einde van een seisoen en die begin van 'n nuwe seisoen.
Die rok het weerspieêl wie en wat ek werklik is en hoe ek na die lewe kyk. Die rok het my persoonlikheid so mooi na vore gebring, die kleur blou, beklemtoon sy sagte en kalm geaardheid. Met elke afspraak om die rok te gaan pas, het die rok net vir my mooier geword. Die rok is vir my in alle opsigte perfek, daar is niks wat ek daaraan wou wou verander nie.
Die dag van my matriekafskeid kon ek nie gelukkiger wees nie, ek het so gemaklik, myself en mooi gevoel.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Vir my was daar 'n klomp hoogtepunte en emosies aan hierdie dag.
My eerste hoogtepunt was toe ek in die stoel gaan sit en my hare en grimering word gedoen, ek het myself skaars herken!
My tweede hoogtepunt was my fotosessie, ek is gek oor fotos neem, of dit nou van myself of ander mense is. In hierdie uur en 'n half van my fotosessie het ek net al hoe meer besef hoe geseënd ek is met die wonderlikste ouers, boetie, ouma en kêrel.
My laaste hoogtepunt, die aand van die matriekafskeid self, van die oomblik wat ek ingery is deur drie Land Cruisers in hierdie sprokiesagtige rok. , waar ek op die tapyt ingestap het en ko voel " EK het dit tot hier gemaak", waar ons, onsself kon staan en verkyk aan hoe pragtig almal gelyk het en waar ek die res van die aand saam my vriendinne kon lag, dans en sommer net tyd saam met hulle deurbring. Dit was defnitief 'n aand wat ek ALTYD in my hart sak koester!
Planne vir na matriek
Ek is reeds aanvaar by Aros Universiteit, waar ek onderwys vir Grondslagfase gaan studeer. Dit is 'n droom wat die Here van kleintyd af op my hart geleê het. Ek het nog altyd 'n baie groot liefde vir klein kindertjies. Ek kan nie wag om met die klein mensies te begin werk en te weet dat ek deel is van hulle toekms nie. Ek sien so baie uit na al die nuwe avonture wat vir my voorlê.
Gunsteling woord in Afrikaans
Finominaal
Datum van matriekafskeid
2025-10-02