Tamzin Eales

Hoërskool Zwartkop

Tuisdorp

Centurion

Skool

Hoërskool Zwartkop

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Carike Nel van Carike Nel Designs

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Die inspirasie agter my rok was ’n kombinasie van my eie hart en die ongelooflike ondersteuning van my Ma. Ons het maande lank saam idees gesoek en gesels oor wat ek rêrig wou hê – iets wat nie net mooi lyk nie, maar my ook laat voel soos die beste weergawe van myself. Ek was van die begin af vasbeslote dat my rok tydloos en elegant moes wees, met ’n moderne element wat my unieke persoonlikheid weerspieël. Ek wou iets dra wat my vroulikheid, selfvertroue en my eie styl verteenwoordig, ‘n rok wat nie net elegant is nie, maar vol betekenis – en “eie” aan my!

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My rok beteken vir my baie meer as net mode of ’n mooi ontwerp – dit verteenwoordig ’n deel van wie ek is. Wanneer ek dit dra, voel ek nie net mooi van buite nie, maar ook sterk en seker van wie ek is. Die koninklike blou kleur herinner my aan waardigheid, innerlike krag en kalmte. Die styl daarvan laat my voel soos ’n vrou wat met selfvertroue en grasie haar eie pad kan stap. My rok is vir my ’n simbool van groei, van oorgang van meisie na jong vrou. Dis die resultaat van liefde, geduld en kreatiewe uitdrukking. Elke lyn en detail dra ’n stukkie van my droom – en elke keer as ek daarna kyk, sal dit my herinner aan hierdie ongelooflike, lewensveranderende mylpaal.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hoogtepunt van my matriekafskeid was die gevoel om uiteindelik alles by mekaar te sien kom – di hele journey die hare, grimering, al die “fittings” die rok, en die mense wat vir my lief is wat dit alles saam met my kon deel. Daardie oomblik toe ek uit die kar klim en my voete op die rooi tapyt sit, het ek besef: dis die begin van ’n nuwe hoofstuk in my lewe. Maar nog meer as die glans, kameras en rooi tapyt was die ware hoogtepunt en die mooiste deel van die aand om dit alles saam met my vriende te deel. Om te dans, te lag en net saam te wees – vry van die daaglikse roetine, net jonk en vol hoop vir die toekoms. Dit was ’n aand wat soos ’n sprokie gevoel het – ’n volmaakte afsluiting van 12jr, en die begin van ’n nuwe reis. Dit was ’n aand van dankbaarheid, viering en herinneringe wat ek vir altyd in my hart sal dra. Dit het gevoel soos ’n einde én ook ‘n pragtige nuwe begin..

Planne vir na matriek

Na matriek wil ek graag BSc of Ingenieurswese gaan studeer. Ek sien ongelooflik uit na dit wat op my pad wag en voel opgewonde oor die nuwe geleenthede wat voorlê. Ek glo dat hierdie rigtings nie net my kop gaan uitdaag nie, maar ook my hart – want ek wil eendag iets bou, ontwerp of ontdek wat ’n verskil gaan maak. Ek glo ook vas dat God ’n unieke plan vir my lewe het – planne van voorspoed, hoop en ’n toekoms. Hierdie nuwe reis is vir my nie net ’n akademiese avontuur nie, maar ook ’n geloofsreis. Ek weet dat wanneer ek stap in gehoorsaamheid en met geloof in my hart, God my paaie sal gelyk maak en my sal lei om die vrou te word wat Hy my geroep het om te wees. Ek is gereed vir dit alles – die groei, die leer, die struikelblokke, en die oorwinnings.

Gunsteling woord in Afrikaans

“Genade”

Datum van matriekafskeid

2025-10-04

Like what you see?

Share on Social Media