Tamecá Visser

Hoërskool Tygerberg

Tuisdorp

Parow

Skool

Hoërskool Tygerberg

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Na vele winkel besoeke en 100de rokke se aanpas het ek aanlyn gaan soek. Ek het rond gekyk op Shein vir inspirasie en toe sien ek hierdie rok en het dadelik verlief geraak op dit. Dit is deel van die LadyWill Trends.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek was opsoek na 'n rok wat n indruk maak en my sprankelende persoonlikheid sal uitstraal. Die helder kleurige "embroided beadwerk" het my onmiddelik daardie gevoel gegee. Die oop rug en sye gee die verleidelike effek, maar tog nog elegant. Die rok het met aankoms soos 'n handskoen gepas en my hart ten volle gesteel.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Die rok is baie spesiaal vir my. Ek het dit vir my ma gewys en sy't gesê ons kan nog rond kyk. Toe bestel sy dit as 'n verrassing vir my op my 18de verjaarsdag. Dit was vir my baie spesiaal. Die rok het my baie elegant laat voel en my regtig baie selfvertroue gegee. Dit het vir my laat voel asof ek enige iets kan doen. Dit was n hoogtepunt van my matriekjaar, maar ook die realiteit dat my skool loopbaan nou tot 'n einde kom.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hoogtepunt van die matriekafskeid was om vroeg oggend op te staan om reg te maak vir die aand. Dit was alles so opwindend. Dit was vir my baie lekker om al die aandag te kry, die hare, die grimmering, naels, alles. Dit het my goed laat voel. Dit was vir my so besonders dat 'n vriendin van my ma haar tyd opgeoffer het en haar huis mooi gemaak het om die dag vir my spesiaal te maak.

Planne vir na matriek

Ek hoop om so spoedig moontlik 'n werk te kan kry. Ek sal ook baie graag 'n kursus in fotografie wil doen want ek wou nog altyd 'n fotograaf word. Ek het 'n groot belanstelling in dit. Nog nie seker watse lyn ek in wil spesialiseer nie, maar my belangstelling is meestal by landskap.

Gunsteling woord in Afrikaans

Wonderwerk

Datum van matriekafskeid

2025-10-07

Like what you see?

Share on Social Media