Tabíta Kruger

Paul Roos Gimnasium

Tuisdorp

Somerset-Wes

Skool

Paul Roos Gimnasium

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

As 15-jarige het ek verlief geraak op díé blou rou sy en meters en meters daarvan gekoop, vir eendag. Eendag was nou. Toe ek 9 was, het ek my ma gevra om te leer naaldwerk doen. My ouers het 'n tweedehandse naaimasjien bekom en 'n tannie het my touwys gemaak. Ontwerp-idees in my kop verdring mekaar! Ek het hierdie rok alles self BEDINK, GEKNIP, GESTIK, GEVOER, GEPAS, en eindelik na die matriekafskeid GEDRA! Min dinge bevredig my soos idees wat verwerk word tot uitrustings. Sodra ek tevrede is met 'n skepping, knip ek heel aan die einde 'n patroon. Dit hou my skeppingsproses vloeibaar. Hierdie was dusver my hoogtepunt. As 'n buitelug-lewe-meisie, het ek nie veel ooghare vir grimering, gedoende hare en naels nie. Vaardige hande wat my goed ken en liefhet, het die koningsblou prentjie voltooi. 

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek het doelbewus aanlyn- en tydskrif-idees vermy om myne oorspronklik te hou. 

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Dis die samekoms van lank se knip en stik in my binneste.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Om omring te wees deur mooi.

Planne vir na matriek

Verdere Cambridge A-vlak kwalifikasies

Gunsteling woord in Afrikaans

kielielaglekkerte 

Datum van matriekafskeid

2025-10-02

Like what you see?

Share on Social Media