Sulise du Plessis
Ouderdom
18
Tuisdorp
Drie Riviere Oos, Vereeniging
Skool en dorp/stad van skool
H/S Dr. Malan, Meyerton
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
'n Klassieke, stylvolle en tydlose rok wat by my pas.
Met die foto's wou ons graag hê die rok moes uitstaan teen die agtergrond. My ma het 'n Sandsteen gebou voorgestel en ek wou van die begin af my foto's by die Uniegeboue laat neem, so dit was 'n maklike besluit! Dit was 'n heerlike dag as gesin saam by die Uniegeboue in Pretoria, en ook saam met my vriendelike metgesel!
Ek het tydens my jare op skool graag aan Redenaars-kompetisies en debat deelgeneem, so die foto's by die Uniegeboue weerspieël ook ietsie van my persoonlikheid en belangstelling.
