Stefney Rautenbach
Ouderdom
17
Tuisdorp
Potchefstroom
Skool en dorp/stad van skool
Potchefstroom Gimnasium
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Van kleins af was ek maar my ouers se mooiste seun! (Haha) Al het ek, soos die meeste meisies, graag met poppe gespeel en na ballerina-flieks gekyk, het ek ook ’n avontuurlustige kant gehad. Ek was mal oor aksieflieks, superhelde en motorfietse. Ek dink my matriekafskeidrok weerspieël daardie twee kante van my persoonlikheid: die vroulike, elegante kant, maar ook die sterk, gewaagde en avontuurlustige kant.
