Sonell du Preez
Hoërskool Wesvalia
Tuisdorp
Klerksdorp
Skool
Hoërskool Wesvalia
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Ons was ń span, ek en my mamma. Alles wat ek van gedroom en ontwerp het van die rok, het sy tot werklikheid gebring.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek het nog altyd geweet my droomrok gaan pienk wees. Na verlede jaar waar ek moes toe kyk hoe my ouma haar stryd teen borskanker veg was ek meer as ooit daarvan oortuig dat my rok pienk moet wees. Naas my ouma was daar die laaste paar jaar nog vyf familielede naby aan my gediagnoseer met borskanker. Dit is ń werklikheid en ń realities en ek dink nie ń mens kan genoeg bewusmaking doen nie. Wat die ontwerp en kralewerk geïnspireer het is verseker ons kleurvolle kulture van ons kunstige land.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My rok is vir my baie spesiaal want dit is ń verteenwoordiging van deurstettingsvermoë en liefde nie net van my eie nie maar ook die van my ma. Elke steek en kraletjie dra die storie van uitdagings wat ek al oorwin het soos die materiaal saamgehou word deur geduld en volharding herinner my rok my daaraan as dinge moeilik raak, ek steeds kan aanhou om aan my self te werk en iets mooi te skep uit elke ervaring. Daar is ongeveer sesduisend kraletjies en glassteentjies deur my ma se eie hande vas gewerk en meer as honderd en vyftig ure agter die blad. Ek sal altyd die eienskap om vas te byt en aan te hou, wat my ma my gewys en geleer het, hoog op prys stel.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die lekker van die matriekafskeid was absoluut in die voorbereiding. Om vroegoggend in die salon deur te bring was verriklik. Ons het ook soveel pret saam gehad met die foto's tydens die fotosessie. Na al die bederf en pret was die hoogtepunt die in loop met my hartsrok!
Planne vir na matriek
Ek gaan volgende jaar Drama studeer by UFS met die droom om in visuele media te spesialiseer.
Gunsteling woord in Afrikaans
Koester
Datum van matriekafskeid
2025-10-10