Sone Nel

Helpmekaar College

Tuisdorp

Benoni

Skool

Helpmekaar College

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My rok was gemaak deur Annelize Louw in Krugersdorp.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek wou n rok he wat my vrolike persoonlikheid uitwys en hoe baie ek van sprokiesstories (soos meerminne) hou. Ek wou n vroulike rok he wat my soos n prinsess laat voel maar ook my kurwes beklemtoon. Ek het nog altyd van bond en besig gehou nes my gekose rok.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Hierdie rok is baie spesiaal vir my, want ek het nog nooit so mooi rok gedra nie. Daar was baie tyd en liefde in hierdie rok ingesit en daarom het die rok my net meer mooier laat voel. Die kleur, vorm, materiaal en vroulikheid was alles wat ek wou he en ek sal weer my rok van vooraf presies dieselfde gemaak wou he.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Ek het dit baie geniet om met my vriendinne te lag oor ons elkeen se stressvolle regmaak sessies vroeer die oggend en om vir mekaar te "cheer" op die rooitapyt. My lag sessies en die kos en wyn kommentaar van almal was baie snaaks en vermaaklik. Ek sal die lekker geselskap nie vergeet nie.

Planne vir na matriek

Ek wil graag Hortologie by die Universiteit van Stellenbosch studeer. Dit is n BSc-agri graad.

Gunsteling woord in Afrikaans

Internasionaal

Datum van matriekafskeid

2025-10-04

Like what you see?

Share on Social Media