Sioné Nel
Ouderdom
Tuisdorp
Skool en dorp/stad van skool
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek het nie regtig ’n spesifieke inspirasie of vaste idee gehad toe ek na my matriekafskeidrok begin soek het nie. Al wat ek geweet het, is dat ek graag ’n nousluitende rok wou hê. Die dag toe ons rokke by Bilqis in Johannesburg gaan aanpas het, het ek hierdie rok aangetrek. Toe ek uit die aanpaskamer stap om dit vir my ma en beste vriendin te wys het al die ander mense wat vir hulle dogters gewag het, het omgedraai en gesê dat die rok vir my gemaak is en dat hulle hoop ek kies hom. Daardie woorde het my bygebly. Ons het daarna nog by ’n paar ander winkels gaan kyk, maar hoe meer rokke ek aangepas het, hoe meer het my gedagtes teruggegaan na daardie rok. Ek kon hom eenvoudig nie uit my kop kry nie. Dit was asof my hart reeds sy keuse gemaak het, nog voordat ek dit self besef het. Op die ou end het ek besef dat ek nie ’n spesifieke inspirasie nodig gehad het nie, want die perfekte rok het my op die mooiste manier verras.
