Simoné van Metzinger

Aliwal-Noord Hoërskool

Ouderdom

17

Skool

Aliwal-Noord Hoërskool

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Die rok is ‘n luukse balrok-styl met ñ maxi lengte. Dit het ‘n prinses-agtige voorkoms wat baie elegant en opvallend is. Dit is ‘n liggeel (bottergeel) kleur wat baie sag en romanties voorkom, wat my helderder en meer vrolik laat lyk. Die boonste (lyfie) deel is noupassend en versier met handgewerkte 3D blomversierings in dieselfde geel kleur. Fyn borduurwerk met silver en goue glinsterversierings wat elegante patrone vorm en dit het ‘n af-skouer ontwerp. Die onderste (romp) deel is vol en “fluffy” met twee lae sagte tule (mesh) wat volume en beweging gee, onder die tule is daar ‘n glade satynagtige voering wat blink en ryk vertoon. Wat dus ook die sprokiesagtige balrok-effek afgee.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek wou nog altyd ‘n sagte vroulike prinses agtige rok hê. Die sagte geel kleur het nie net reg by my vel kleur gepas nie maar dit het ook my persoonlikheid perfek uitgebeeld.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Die hele rok is my absolute gunsteling, dit herinner my aan my ouma en oupa wat my altyd soos ’n ware prinses laat voel het. Die sprokiesagtige atmosfeer wat die rok skep, het my selfvertroue laat groei, my gemaklik laat voel en my vrolikheid helder laat uitstraal, asof ek vir ’n oomblik in ’n droomwêreld gewandel het.

Datum van matriekafskeid

2025-10-02

Like what you see?

Share on Social Media