Tuisdorp
Centurion
Skool
Zwartkop
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Ek het self my rok ontwerp, maar Francisco Chico Barreto het dit vir my gemaak.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Twinkle twinkle little Star
Elke matriek leerder in Zwartkop het koordinate gekry wat n ster verteenwoordig.
Ek wou gehad het my rok moes helder skitter net soos die ster wat aan my toegeken was.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Dit beteken dat ek die einde van n fase bereik het en altyd my beste gegee het. Dit is n herinnering dat die Here ons almal uniek gemaak het, en dat almal van ons skyn op verskillende gebiede en aspekte van ons lewe.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Dat ek die dag saam met al die mense waarvoor ek lief is kon spandeer en dat ek my geliefde aan my sy kon hê.
Planne vir na matriek
Ek swot Somatologie by Isa Carstens en dan wil ek my eie praktyk begin.
Gunsteling woord in Afrikaans
Giggelgras
Datum van matriekafskeid
2025-10-04