Shiloh van Zyl
Kuswag Skool
Tuisdorp
Amanzimtoti
Skool
Kuswag Skool
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Madelain Clark het my rok ontwerp en gemaak.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek het verskeie prentjies in my kop gehad nadat ek inspirasie op Pinterest gekry het en Madelain het dit gestalte gegee.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Ek is maar 'n plein Jane en hou van gemaklik aantrek. My matriekafskeid rok het my soos 'n supermodel laat voel. Dit het nou 'n gogga in my wakker gemaak, ek wil dit weer doen - dit was hopeloos te vinnig verby!!
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Ons matriekafskeid was vir die eerste keer in jare weer in ons skoolsaal en al die matrieks was baie negatief daaroor, maar die dekor was ASEMROWEND MOOI dit het nie eens soos 'n skoolsaal gelyk nie, natuurlik was die kos lekker en dansbaan aan die brand. Definitief 'n aand om te onthou!
Planne vir na matriek
Ek gaan volgende jaar CA of BCom Financial management by NWU studeer, ek wik en weeg nog bietjie tussen die twee
Gunsteling woord in Afrikaans
Patat
Datum van matriekafskeid
2025-10-03