Sheldean Botha
Hoerskool Overvaal
Tuisdorp
Vereeniging
Skool
Hoerskool Overvaal
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
My rok is deel van die ontwerper Sherri Hill se Lente 2025-versameling.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek het geweet ek wil graag iets anders dra. Ek het ek op n foto van n rok afgekom en geweet dit is die een. Dit het my dadelik laat glimlag en dat dit n weerspieeling van my persoonlikheid is.
Die rok is 'n asemrowende samesmelting van romanse, drama en hoëmode-elegansie. Die rok beskik oor 'n satynkorsetlyfie wat die figuur vorm terwyl dit 'n foutlose pasvorm verseker. Die strapless-liefdesneklyn voeg 'n tikkie tydlose vroulikheid by, terwyl die loer-en-loer kantbors met geplooide oorlaag 'n element van intrige inbring.
Om by te dra tot die dramatiese effek, verander die rok in 'n volumineuse, veellaagse, geplooide chiffonrok, wat 'n vloeiende silhoeët skep wat moeiteloos met elke stap beweeg.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Al het ek geweet hoe my rok gaan lyk was die uitdaging om iemand tevind wat dit presies sou kan maak. Eendag na skool het ek n pakkie op my bed gevind. En daar in die pakkie was my rok!! My ma het my verras en my rok direk van die ontwerpershuis Sherri Hill bestel. En hy was perfek!!! My ma het werklik my droom waar gemaak.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die mees blywende herinnering sal wees om die aand saam met my kerel EW te kon deel.
Natuurlik was die atmosfeer van die aand, met sy glans en unieke energie 'n hoogtepunt. Die onvergeetlike herinneringe, en die spesifieke oomblikke wat dit spesiaal gemaak het.
Dit was 'n aand van die viering van vryheid voor die eindeksamen en hoe ons almal nuwe avonture aanpak.
Planne vir na matriek
Ek is baie bevoorreg om my passie te kan nastreef en sal my Landbou-graad in Bloemfontein aanpak.
Gunsteling woord in Afrikaans
Geloof - Dit beteken bloot “glo of absolute vertroue”; Werklike geloof in God. En die woord impliseer ook lojaliteit en verpligting.
Datum van matriekafskeid
2025-10-16