Shantae Botha

Hoërskool Garsfontein

Tuisdorp

Pretoria

Skool

Hoërskool Garsfontein

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Monique, van Von Ami Couture. Ons paaie het heel toevallig met Monique sin gekruis. Eers nadat ons ontmoet het, het ons besef hoe gewild sy eintlik is. Ons het so lekker saam gewerk van die eerste afspraak af.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek wou nog altyd 'n koningsblou rok vir my matriekafskeid gehad het. Die blou het so goed aangesluit by die pad wat ek hierdie jaar met my gesondheid gestap het. Ek moes 'n groot operasie ondergaan in Julie van hierdie jaar. Koningsblou dra 'n sterk geestelike betekenis. Dit simboliseer onder andere geloof, genesing en innerlike vrede. In die geestelike sin word dit dikwels verbind met die teenwoordigheid van God. Ek stap steeds 'n moeilike pad, maar ek vertrou God vir volkome genesing. Die blou herinner my daaraan om geloof bo vrees te kies.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My matriekafskeidrok wys my hoe ver ek gekom het met al die uitdagings wat ek moes oorkom. Dit herinner my daaran dat ek 'n Koningskind is. Toe ek myself in die rok sien, het ek vir die eerste keer besef dat ek nou die grootmens lewe betree.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Daar was so baie spesiale oomblike daardie dag dat dit regtig moeilik is om een te kies. Van ontbyt in die bed, tot lekker tye saam met die mense vir wie ek lief is. As ek regtig een hoogtepunt van die dag moet kies, sou ek sê dit was die oomblik toe my metgesel en kêrel van die afgelope 3 jaar, my vir die eerste keer gesien het en my ingewag het met die mooiste bos blomme, terwyl hy self so mooi vir my gelyk het.

Planne vir na matriek

My plan is om BCom Ondernemingsbestuur te gaan studeer by Akademia. As dit die Here se plan is vir my, dan sal ek graag eendag my Pa se besighede wil bestuur.

Gunsteling woord in Afrikaans

Biltong!botha

Datum van matriekafskeid

2025-10-04

Like what you see?

Share on Social Media