Shandré van Zyl

Shandré van Zyl Shandré van Zyl Shandré van Zyl

Ouderdom

18

Tuisdorp

Kimberley

Skool en dorp/stad van skool

Hoërskool Diamantveld in Kimberley, Noord-Kaap

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My grootste inspirasie was die see. My ouma woon by die see, en daarom het die see vir my ’n besonderse betekenis. Ek wou verskillende aspekte van die see in my rok uitbeeld, nie net deur die kleure nie, maar ook deur die vorms en teksture. Die skulpvormige detail aan die een kant van die bostuk, saam met die verskillende sagte en growwer teksture, is alles elemente wat deel vorm van die seetema.

Ek wou die nostalgiese gevoel en mooiheid van die see in my matriekafskeidrok vasvang. Die verskillende skakerings van ligblou, turkoois en pers herinner my aan die kleure van die oseaan. Ek het ook hierdie kleure gekies omdat dit mooi by my velkleur pas. Ek wou hê my rok moes my soos ’n meermin laat voel, maar steeds my eie persoonlikheid weerspieël.

Ek het probeer om ’n rok te ontwerp wat nie net mooi is nie, maar ook iets van myself vertel en ’n persoonlike storie agter die ontwerp het.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media