Shana Van Wyk
Ouderdom
18
Tuisdorp
Benoni
Skool en dorp/stad van skool
Hoërskool Kempton Park, Kempton
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My inspirasie vir my matriekafskeidrok was ’n sprokiesagtige, romantiese voorkoms. Ek wou iets uniek hê wat elegant en vroulik is, maar dit was vir my ook belangrik om steeds soos myself te voel en ’n rok te kies waarin ek gemaklik en selfversekerd voel. Die liggroen kleur en 3D-blommetjies het my dadelik aangetrek, omdat dit sag, natuurlik en besonders is. Ek wou hê my rok moes my persoonlikheid weerspieël en iets wees waarin ek myself kon wees op so ’n spesiale aand.
