Saskia Buirman
Hoerskool Vredendal
Tuisdorp
Vredendal
Skool
Hoerskool Vredendal
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
House of Maria Bridal Couture Brackenfell,Tannie Elmarie Brits
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Prinses Elsa .Sagte blou komplimenteer my vel.
Die rok is pragtig en elegant, met ’n sprokiesagtige voorkoms. Die bolyf is versier met glinsterende krale en delikate borduurwerk in sagte silwer kleure, wat dit ’n luukse en verfynde voorkoms gee. Die romp vloei wyd uit in ligte blou tulelae wat ’n sagte, dromerige effek skep. Die deurskynende sluier-agtige stof oor die skouers voeg ’n sagte, eteriese aanraking, by, dis elegant, stylvol en vol grasie.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My ma is 'n kankerlyer en 'n enkelouer.
Sy wou nie 'n winkelrok hê nie, Haar woorde,"My kind, jy word net een keer voorgestel,en
net een keer matriek afskeid," My ma het sedert Maart/April 2025, ten spyte van haar gesondheid, duisende kilometers self gery met my vir my rok se aanpas, ook 'n side hustle gehad om te help met rok se afbetaling en vervoer uit Vredendal na Brackenfell en terug.En tannie Elmarie het my vanaf dag 1 soos haar eie dogter laat voel. Sy het my uit my dop laat kruip, my confidence baie geboost omdat ek al jare'n velprobleem het.Ons het saam met haar geknip,gelag, baie lief en leed met mekaar gedeel, en baie lemoene ge eet!(AS DAARDIE SKER EN ROKKE KON PRAAT🤫)
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die dag het uiteindelik aangebreek!Al die beplanning van die afgelope maande het mooi in plek geval.My ma se opoffering was beslis die moeite werd! En ek kon die hoogtepunt in my skoolloopbaan nog met haar vier!!Ek het gestraal!
Planne vir na matriek
Verdere Onderwys studies te CPUT Wellington
Gunsteling woord in Afrikaans
Grondboontjiebotterbroodjie
Datum van matriekafskeid
2025-08-22