Ronel Chante’ Klopper

HTS Witbank

Ouderdom

18

Skool

HTS Witbank

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My rok is ontwerp en gemaak deur Wedding Bells in Witbank. Dit is gemaak van unieke materiale met 'n 3D-effek met die blomme wat uitstaan. Daar is los materiaal om die middellyf gewerk wat dit die prinses-voorkoms gee sonder om 'n hoepel te dra. My rok het ook dun bandjies met 'n toeryg rug.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Sedert graad 8 het ek 'n prentjie van 'n rok gehad amper soos hierdie. Ek wou iets hê wat elegant en sag was met detail. Ek wou ook iets hê wat 'n wow-faktor sou wees wanneer ek dit dra, iets anders as my gewone smaak.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My gunsteling deel van my rok is die detail, die blomme en kleure, as ook die agterkant.

Datum van matriekafskeid

2025-10-02

Like what you see?

Share on Social Media