Rochelle Scott
Ouderdom
Tuisdorp
Skool en dorp/stad van skool
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek het lank gedink hieroor. Ek wou hê my rok moes enig in sy soort wees. My rok moes by my persoonlikheid pas. Oranje was nog altyd 'n kleur wat my as mens beste beskryf het. Ek is 'n baie positiewe, uitspattige en sterk mens. Ek het 'n goeie sin vir humor en is baie aansteeklik met my persoonlikheid. Ek lag baie lekker en sien alles wat ek aanpak as 'n uitdaging. My rok moes alles omtrent my weerspieël. My halslyn was 'n kopkrapper, maar tussen my en Kobus het ons besluit om te gaan met 'n een skouer rok. So min as moontlik skitterende juwele, agv al die fyn hand vasgewerkte detail wat my rok moet laat uitstaan. My rok het styf om die middel afgekom en basies ontplof ondertoe. Drie valle en 'n lang slee. Ek het regtig soos 'n prinses gevoel met my rok aan.
