Priscilla De Beer
Hoërskool Secunda
Tuisdorp
Secunda
Skool
Hoërskool Secunda
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Ek en my ouma Jakkie Rundle het die rok saam ontwerp. Dis iets wat vir altyd 'n band tussen my en my ouma heg sal hou. Dit simboliseer haar liefde, geduld en trots, en dit wys my kreatiwiteit en die uniekheid, en dis een van 'n soort! Iets wat geen geld kan koop.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Die inspirasie agter my matriekafskeidrok kom van wie ek is – sag, maar sterk. Ek wou hê my rok moes my persoonlikheid weerspieël. Die swart in my rok simboliseer krag, die rooi, passie vir die lewe, en die blinkers wys, ek is gereed om te skyn. Die kant is vir vroulikheid
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Die kleur, styl en ontwerp sê iets van wie ek is, my persoonlikheid, my smaak en hoe ek myself sien – Flambojant! Die rok word deel van 'n lewens herinnering, die aand vier jy hoe ver jy gekom het.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die hoogtepunt was toe ek besef dis nie net 'n aand van mooi rokke en foto's nie, maar 'n viering van hoe ver ek gekom het. Ons saam met my vriende te dans, te lag en net die oomblik te geniet. Dit was pure pret en geluk.
Planne vir na matriek
Ek het reeds 'n werk as 'n nasorg juffrou by Graad RRR maats. Ek beplan om laat in volgende jaar na NZ te gaan, daar gaan ek Aupair en dan gaan ek na hulle weermag se honde-eenheid gaan.
Gunsteling woord in Afrikaans
Vlamdans
Datum van matriekafskeid
2025-10-03