Petroné Goosen
Ouderdom
18
Tuisdorp
Bethlehem
Skool en dorp/stad van skool
Hoërskool Witteberg, Bethlehem
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My inspirasie was my tannie se matriekafskeidrok wat ek Desember in een van my Ouma se fotoalbums gesien het. Dit was 'n pragtige blou rok met omtrent dieselfde snit was my rok.
Ons was heel eerste by Jasmin's Bridal opsoek na 'n rok. Ek het aanvanklik my oog op 'n lavender-pers rok gehad, wat byna presies dieselde gelyk het behalwe die detail wat verskil het. Todat ek my rok vir die eerste keer aangepas het. My ma en die tannie wat on gehelp het, het gesê dat die rok lyk asof dit vir my gemaak is.
